INTERPELLASIES

Wes-Kaapse Provinsiale Tenderraad: jaarverslae sedert 1994

*1.	Me T Essop vra die Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning:

Of die Wes-Kaapse Provinsiale Tenderraad sedert 1994 Jaarverslae voorgel het; so nie, waarom nie; so ja, (a) wanneer die verslae voorgel is en aan wie en (b) of die verslae in die Provinsiale Parlement ter tafel gel is?

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING:

1.	Ja, maar slegs vir die 1997-98- en 1998-99-boekjare omdat die raad eers op 9 April 1996 tot stand gekom het. Die 1999-2000-verslag word tans saamgestel.

(a) Hierdie verslae is aan die Premier van die Wes-Kaap op onderskeidelik 28 Mei 1998 en 26 Oktober 1999 voorgel, soos vereis ingevolge artikel 12(1) van die Wes-Kaapse Provinsiale Tenderraadwet, Wet 8 van 1994.

(b)	Die 1997-98-verslag is op 23 Junie 1998 in die Provinsiale Parlement ter Tafel gel. Die 1998-99-verslag sal binnekort ter Tafel gel word.

	Dit is 'n bondige antwoord oor die saak.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ek wil dit vir die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning duidelik maak dat dit teleurstellend is dat hy weer eens met minder as feitelike inligting na die Huis gekom het.

Die agb Minister het die Jaarverslag vir die tydperk 1998-99 wat ter Tafel gel is voor hom op sy bank. Dit gaan dus nie binnekort ter Tafel gel word nie. Dit is vandag ter Tafel gel. Waarom is dit vandag ter Tafel gel? Ek wil beweer dit is vandag ter Tafel gel as gevolg van hierdie interpellasie op die Vraelys.

Die agb Premier van die Provinsie het 'n verantwoordelikheid ingevolge artikel 12 van die Wet op die Wes-Kaapse Provinsiale Tenderraad, 1994 (Wet 8 van 1994), wat lui, en ek haal aan:

	Jaarverslag van Raad

(1) Die Raad moet so gou doenlik na 31 Maart van elke jaar 'n verslag van sy bedrywighede gedurende daardie jaar aan die Premier voorl.

(2) Die Premier moet so gou doenlik 'n afskrif van die verslag wat ingevolge subartikel (1) aan hom of haar voorgel is, in die Provinsiale Wetgewer ter Tafel laat l.

Mnr die Speaker, 'n ander stukkie feitelike inligting is dat die 1998-99-jaarverslag nie op 27 Oktober 1999 voorgel is nie. Soos op die tweede bladsy van die verslag voor die agb Minister gesien kan word, is dit op 27 Augustus 1999 voorgel. Hierdie verslag is lank na die einde van die boekjaar ter Tafel gel, maar ek veronderstel dit is wat "so gou doenlik" vir die Tenderraad beteken. Trouens, dit het die agb Premier nege maande geneem om die verslag ter Tafel te l.

Mnr die Speaker, ek wil beweer as hierdie interpellasie nie vandag op die Vraelys was nie, hierdie Jaarverslag nie na vore sou kom nie. [Tussenwerpsels.]

Die agb Premier kan grappe hieroor maak. [Tussenwerpsels.] Die Wet is nie nagekom nie. Die agb Premier het nie 'n wet wat deur hierdie Parlement goedgekeur is, nagekom nie.

Mnr die Speaker, waarom is dit so ernstig? As die behoorlike prosedures gevolg is, en as ons as Parlement die geleentheid gehad het om na hierdie verslae te kyk, sou ons baie van die sake wat ons in die Huis gedebatteer het, kon aangespreek het. 'n Aantal sake word in die jaarverslae aangespreek, soos die voorkeur-verkrygingsbeleid en probleme rakende die vertraging met die implementering van die voorkeur-verkrygingsbeleid, en klein- en medium ondernemings, maar die verslae is nooit ter Tafel gel nie. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, ek is bly om te sien die agb lid me Essop is weg van haar tuisomgewing en weer saam met ons! Wat die Jaarverslag van die Tenderraad betref, wil ek graag daarop wys dat artikels 12(1) en 12(2) in die Wet op die Provinsiale Tenderraad, wat die agb lid aangehaal het, die woorde "so gou doenlik" bevat.

Nege maande mag nege maande wees, en baie kan binne nege maande gedoen word in ander opsigte. Dit is nie bloot 'n geval van 'n dokument van hierdie grootte neem en dit op 'n rubberstempel-manier hanteer nie. Of dit deur my Kantoor of deur die Kantoor van die Premier hanteer is, daar was sake wat oorweeg moes word, wat ek met die agb Premier en my Kantoor bespreek het.

As daar 'n vertraging is ... [Tussenwerpsels.] Dit is my saak, nie die saak van die agb lid nie. [Tussenwerpsels.] Die feit dat die verslag vandag hier is, beteken dat ek, sowel as die agb Premier, tevrede is met die verslag.

Mnr die Speaker, wat die woorde "so gou doenlik" betref, is ek tevrede dat toe hierdie Wet ingestel is, dit nie bepaal het dat dit binne drie maande of twee maande of enige bepaalde tyd nadat dit gepubliseer is, uitgereik moes word nie. Die woorde "so gou doenlik" word in albei artikels gebruik. As agb lede na die beroemde woordeboek van die agb lid mnr Ozinsky sou verwys, beteken "so gou doenlik" so gou as wat 'n mens dit kan doen nadat 'n proses deurloop is. Of daardie tydperk nege maande of drie maande of drie dae is, maak geen verskil nie. Daarom, met respek, die agb lid me Essop maak 'n berg van 'n molshoop.

Die verslag is vandag hier. Dit kon binne 'n week of 'n maand gedoen gewees het. Dit is nie gedoen nie, maar dit was gerieflik om dit vandag op ons tafels te plaas. Dit, eenvoudig gestel, is die rede daarvoor.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, die werklikheid is - en die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning moet dit erken - dat dit vandag op the Tafel is as gevolg van die interpellasie wat vandag op the Tafel is. Die agb Minister het geweet die agb Premier sou vandag moes bontstaan oor nie-uitvoering, en dit is om daardie rede hier.

Hoe is dit moontlik dat die vorige Jaarverslag wat op 28 Mei 1998 aan die agb Premier voorgel is, 'n maand later in hierdie Parlement ter Tafel gel is? Ek glo nie in die antwoord dat dit tyd in beslag geneem het vir die agb Premier om die saak te oorweeg en dat sy Kantoor ook die saak moes oorweeg nie. Die verslag moes in die Huis ter Tafel gel gewees het en die Huis moet dit oorweeg.

Mnr die Speaker, hierdie saak kon na die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe verwys gewees het om die inhoud van die Jaarverslag te oorweeg. Daar is nie 'n lang prosedure betrokke nie en daar is niks onprakties daaroor om 'n verslag 'n maand nadat dit voorgel is, ter Tafel te l nie. Die verslag is vandag na nege maande ter Tafel gel en dit is verreweg nie vir die Huis aanvaarbaar nie.

Ons as 'n opposisie moet oorsig oor die Uitvoerende Gesag h. Die agb Premier as hoof van die Kabinet het nie uitvoering gegee aan 'n wet van die Parlement nie en die agb Premier moet oor die kole gehaal word omdat daar nie aan die Wet voldoen is nie. Ek is baie teleurgesteld dat die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning hierdie saak verdedig het. Wat hy ook al daaroor s, dit moes baie vroer as vandag ter Tafel gel gewees het. As ons as 'n opposisie nie oorsig oor hierdie prosedure uitgeoefen het nie, sou ons dit nooit gesien het nie.

Mnr die Speaker, die Tenderraad is in April 1996 ingestel, maar die Jaarverslag van 1996-97 is nog uitstaande. 'n Mens sou die 1996-97-jaarverslag na Maart 1997 verwag het. Ek wil die agb Minister versoek om hierdie saak met die Tenderraad op te neem. Die eerste jaarverslag wat ons ontvang het, was vir 1997-98, maar ons het nog nie die 1996-97-jaarverslag ontvang nie. Die kwessie vandag is dat die agb Premier nie aan die Wet uitvoering gegee het nie en die Huis moet optree oor nie-uitvoering van die Wet. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, ek het kennis geneem van die punt wat geopper is oor die tydperk 9 April 1996 ...

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: dit is die tweede keer tydens hierdie interpellasie dat die agb Premier die woord "girl" of "girlie" gebruik het met verwysing na die agb lid me Essop. Selfs al sou dit 'n tussenwerpsel wees, wil ek 'n beroep op die Stoel doen om te beslis of dit aanvaarbare taal is wanneer 'n ander lid beskryf word.

Die SPEAKER: Orde! As dit in 'n neerhalende manier gebruik is om 'n ander agb lid aan te spreek, dan is dit beslis nie aanvaarbaar nie. Ons wil graag die waardigheid van die Huis handhaaf - ek het dit self ook gehoor - en daarom vra ek vir die agb Premier om dit nie te doen nie. Die agb Minister mag voortgaan.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek sal nooit na die agb lid as "girlie" verwys nie; ek sal beslis na haar as 'n dame verwys.

Die punt wat geopper is rakende die tydperk 1996-97 is 'n aanvaarbare een. Ek het nie 'n verslag oor of daardie kort tydperk spesifiek in die vorige verslae hanteer is nie, maar ek sal beslis op die saak ingaan. Ek bedank die agb lid dat daardie saak geopper is.

Mnr die Speaker, dit sou meer ideaal en korrek gewees het as die verslag binne 'n korter tydperk as nege maande ter Tafel gel was, maar daar was redes daarvoor. Dit was op 'n tydstip toe ek spesifiek met die Tenderraad en sy prosedures gemoeid was, en ek het gevoel dat ek verdere inligting nodig gehad het en samesprekings met die agb Premier oor die saak moes voer.

Ek meen die verslag moes binne 'n korter tydperk ter Tafel gel gewees het. Hoe dit ook al sy, in die lig daarvan dat die Wet die woorde "so gou doenlik" gebruik, was daar geen dringendheid daarvoor nie.

Debat afgesluit.

VRAE

Vir mondelinge beantwoording:

Vraag wat oorstaan van Dinsdag, 18 April 2000:

Verkeersopleidingsentrums

*9.	Dr A E van Zyl vra die Minister van Vervoer en Werke:

Of daar verkeersopleidingsentrums in die provinsie is; so ja (a) waar hulle gele is en (b) watter resultate by sodanige sentrums behaal word; so nie, of sodanige sentrums by skole gevestig kan word?

Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE:

9. Ja.

(a) Die enigste verkeersopleidingsentrum in die provinsie is die Gene Louw Kollege te Brackenfell, wat onder die beheer van die Provinsie ressorteer.

(b) 'n Gemiddelde slaagsyfer van 100% is oor die laaste drie jaar behaal deur kandidate wat die kollege bygewoon het.

Nuwe vrae:

Wetgewing: storting van mediese afval

*1.	Mnr D Silke vra die Minister van Plaaslike Regering:

	Watter vordering met die opstel van wetgewing rakende die storing van mediese afval gemaak is?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING:

1. Konsepwetgewing rakende die beheer oor die storting van mediese afval is in oorleg met georganiseerde plaaslike regering opgestel. Daar is redelik wyd gekonsulteer met plaaslike regering. Die konsep is nou verwys na ons regsafdeling in die Provinsie. Dit is waar ons tans met die proses staan. Ons hoop om dit eersdaags by die Kabinet in te dien vir beginselgoedkeuring en dit deur die proses te neem.

Grottobaai Kuslandgoed: omgewingsbestuursplan

*2.	Mnr M Ozinsky vra die Minister van Omgewing- en Kultuursake:

(1) Watter stappe deur sy departement gedoen is om die implementering van 'n omgewingsbestuursplan vir die Grottobaai Kuslandgoed (Plaas 721) te verseker;

(2) wat die lang vertraging by die departement was om in di verband op te tree;

(3) of enige regstappe in di verband oorweeg is?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE:

2.	(1)	Op 5 Maart 1999 het my departement aan die Weskus Distriksraad kommentaar gelewer dat die voorwaardes waarvolgens toestemming vir die omgewingsbestuursplan (OBP) in 1993 gegee is, nie bevredigend nagekom is nie. Boonop is die aanbevelings in die omgewingsbestuursplan ook nie bevredigend gemplementeer nie.

		Weens di faktore, asook die tyd wat tussen 1993 en 1999 verloop het, het my departement aanbeveel dat die OBP omvattend hersien moet word om te verseker dat dit op die huidige bedryf van die oord by Grottobaai van toepassing is. Die departement het bepaalde aanbevelings gedoen met betrekking tot die hersiening van die OBP en die implementering daarvan. Op grond van di faktore, en om te verseker dat die omgewingsbestuursplan gemplementeer word, het die plaaslike owerheid die verkoopsklaring en transport van verskeie eiendomme teruggehou.

		'n Vergadering is op 25 Januarie 2000 in die kantore van die Weskus Distriksraad op Moorreesburg tussen verteenwoordigers van die plaaslike owerheid, Kaapse Natuurbewaring, die Departement van Beplanning, Plaaslike Regering en Behuising, die Huiseienaarsvereniging en die ontwikkelaars gehou om die implikasies van my departement se houding te bespreek. Tydens die vergadering het my departement sy standpunt betreffende die geldigheid van die omgewingsbestuursplan herbevestig, en dat die Huiseienaarsvereniging en die ontwikkelaar 'n ooreenkoms moet bereik oor wie verantwoordelik is vir die hersiening en implementering van die omgewingsbestuursplan.

		Na di vergadering het my departement 'n omvattende brief op 17 Februarie 2000 aan die ontwikkelaar, die Huiseienaarsvereniging en die Weskus Distriksraad gestuur en hulle duidelik in kennis gestel van sake wat met die hersiening en implementering van die omgewingsbestuursplan aangespreek moet word. Behalwe 'n enkele brief van regsverteenwoordigers van die Huiseienaarsvereniging wat duidelikheid rakende die verwydering van uitheemse plante versoek, het my departement sedert 17 Februarie 2000 geen verdere reaksie van enige van die betrokke partye ontvang nie.

(2) Die opstelling en implementering van 'n omgewingsbestuursplan vir die Grottobaai Oord tot bevrediging van Kaapse Natuurbewaring is 'n vereiste van die oorspronklike magtiging vir hersonering en onderverdeling deur die destydse Departement van Grondontwikkelingskordinering. Die implementering daarvan is dus 'n mede-verantwoordelikheid van die huidige Departement van Beplanning, Plaaslike Regering en Behuising, die plaaslike owerheid en my departement. Dit is nie die eksklusiewe verantwoordelikheid van my departement, wat oor beperkte kapasiteit beskik, om die omgewingsbestuursplanne van alle kusoorde en ander oorde te monitor namens alle owerhede nie.

(3) My departement glo dat die hersiening van die omgewingsbestuursplan vir Grottobaai en die implementering daarvan tans die aandag van alle betrokke partye ontvang, en dus word geen regsgeding in di stadium in terme van die relevante omgewingswetgewing oorweeg nie. Die vereiste dat 'n omgewingsbestuursplan opgestel word, was 'n voorwaarde wat gekoppel was aan die goedkeuring wat deur die destydse Departement van Grondontwikkelingskordinering in terme van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985, uitgereik is.

Ek is verbind daartoe om te verseker dat 'n gewysigde omgewingsbestuursplan gefinaliseer en gemplementeer word alvorens die plaaslike owerheid instem tot die verdere oordrag van persele. Indien ondersoek toon dat voorwaardes opgel ten tye van goedkeuring verbreek is, sal ek die saak opneem met die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning met die oog op optrede teen die oortreders.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil vir die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake graag vra of hy dink dit is aanvaarbaar dat dit sewe jaar duur voordat sy departement reageer op duidelike oortredings van 'n omgewingsbestuursplan.

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ja, ek dink dit is heeltemal onaanvaarbaar. Ses jaar is verby van 1993 tot 1999. My departement het die verskoning gemaak dat hulle nie die kapasiteit het om die voorwaardes van goedkeuring te polisieer nie. Ek het vir hulle ges ek vind dit onaanvaarbaar dat daar in die ses jaar vanaf 1993 tot 1999 geen opvolging was nie.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil graag van die agb Minister weet watter stappe hy doen om kapasiteit vir sy departement te verseker sodat belastingbetalers nie so lank hoef te wag voordat die dienste wat hulle van die Regering verwag, in werklikheid voorsien word nie.

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, wat die kapasiteit van my departement met betrekking tot EIAs betref, het ons oor die afgelope paar maande ons kapasiteit van drie wetenskaplikes tot agt verhoog. Dit is 'n betekenisvolle verbetering. Ons het nog steeds nie die kapasiteit om te polisieer nie, en ek dink dit is 'n probleem wat ons nasionaal ten opsigte van omgewingswetgewing ervaar.

Grottobaai-strand: sonering van grond

*3.	Mnr M Ozinsky vra die Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning:

(1)	Wat die sonering van die grond is waarop die vier huise by Grottobaai-strand staan;

(2)	wat die konsep Kussonebeleid vir die Wes-Kaap Provinsie voorstel as 'n gepaste gebruik vir Grottobaai-strand?

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, ek is bly om te s dat dit oor dieselfde onderwerp handel. Die antwoord is soos volg:

3.	(1)	Die vier huise is binne die Admiraliteit Sone gele. Die raad het hierdie Provinsiale Regering ingelig dat daar tot op hede geen amptelike sonering aan die gedeelte grond toegeken is nie. Agb lede se aandag word daarop gevestig dat ingevolge Artikel 14 van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 (Ordonnansie 15 van 1985):

			... grond geag gesoneer te wees in ooreenstemming met die aanwending daarvan, soos deur die betrokke raad bepaal ...

		Die verantwoordelikheid om 'n sonering aan die gedeelte grond toe te ken berus dus by die raad en hierdie Provinsiale Regering kan slegs betrokke raak indien 'n besluit van die raad betwis word by wyse van 'n appl ingevolge artikel 44 van Ordonnansie 15 van 1985.

(2) Volgens die konsep- kussonebeleid vir die Wes-Kaap Provinsie, is die eiendom gele binne 'n sensitiewe duin area en word buffersone status weens die ligging daarvan binne 'n bestaande bewaringsgebied op die konsepkaart daaraan toegeken. In 'n Ruimtelike Beplanning Kategorie B - buffersone - word voorgestel dat die klem op bewaring behoort te wees. Kleinskaalse, omgewingsgeorinteerde ontwikkeling kan in nie-sensitiewe areas toegelaat word.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil graag vir die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning vra of dit in werklikheid moontlik is om grond wat binne die Admiraalsone val, te soneer.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, soos wat ek in antwoord op my vraag s, die verantwoordelikheid is di van die raad. Die raad moet grond in 'n Admiraalsone soneer en as daar 'n appl daarteen is, sal dit na my toe kom, maar dit is nie reg dat ek ten opsigte van die verantwoordelikhede van plaaslike bestuur praat nie. Dit is die verantwoordelikheid van plaaslike bestuur om die grond te soneer, maar volgens my persoonlike mening, sal ek s nee. Dit is egter, soos wat ek s, die verantwoordelikheid van plaaslike bestuur.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil die agb Minister dan graag vra, in die lig daarvan dat hy ges het dat die grond binne 'n sensitiewe duine-area val en dat die natuur in daardie gebied bewaar moet word, of hy nie dink dat die huise wat daarop gele is en nie vir natuurbewaringsdoeleindes gebruik word nie, maar vir residensile redes, op hierdie tydstip verwyder moet word nie.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, ek gaan nie 'n mening daaroor uitspreek nie, want ek glo, weer eens, dat dit vir die plaaslike bestuur is om die inisiatief in daardie verband te neem en dit is hulle verantwoordelikheid om dit te doen. Dit sou dus nie reg wees dat ek met daardie regeringsfeer inmeng nie.

Nasionale Gesondheidsbegroting: onderspandering

*4.	Dr A E van Zyl vra die Minister van Gesondheid:

In die lig van die bekendgemaakte onderspandering van die Nasionale Gesondheidsbegroting, of 'n deel van die geld sedertdien aan die Provinsie toegeken is; so nie, waarom nie; so ja, (a) vir watter programme/projekte en (b) hoeveel per program/projek toegewys is?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE (namens die Minister van Gesondheid):

4.	Nee, ongespandeerde fondse van nasionale Gesondheid word nie aan provinsies toegeken nie en geen addisionele fondse is dus aan programme/projekte toegewys nie. In die geval van 'n besparing word ongespandeerde fondse terugbetaal aan Nasionale Tesourie en vir die volgende boekjaar geoormerk indien fondse steeds benodig word.

Mikrobiologiese moniteringsprogram

*5.	Mnr A Ismail vra die Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme:

Of hy of sy departement van plan is om 'n provinsiale mikrobiologiese moniteringsprogram vir al die vakansieoorde in die provinsie op te stel, met die doel om te verseker dat die water by al die vakansieoorde veilig is vir gebruik, en dat fekale-besoedeling wat maagdermontsteking, disenterie, cholera, ingewandskoors en lewerontsteking veroorsaak, behoorlik gekontroleer word; so nie, waarom nie; so ja, (a) wanneer en (b) hoe die program bestuur sal word?

Die SPEAKER: Orde! Ek verstaan dat die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme rens opgehou is. Kan Vraag 5 oorstaan in die hoop dat die agb Minister opdaag?

Mnr A ISMAIL: Mnr die Speaker, dit sou eerstens die regte prosedure gewees het as die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme die vraesteller betyds in kennis gestel het dat hy nie hier sou wees nie.

Tweedens, ons sal later by die vrae vir skriftelike beantwoording kom. Ek het drie vrae op die Vraelys vir skriftelike beantwoording. Ek het nog geen skriftelike antwoorde op die Tafel gesien of van enige agb Minister ontvang nie.

Mnr die Speaker, ek versoek dat u 'n beslissing gee sodat dissipline in die Huis herstel kan word.

Die SPEAKER: Orde! Wat die vrae vir skriftelike beantwoording betref, ons sal daaraan aandag gee. Ons kan nie 'n oordeel vel oor of die agb Minister onverwags rens opgehou is nie. Ek beslis dus dat Vraag 5, sowel as Vraag 6 voorlopig oorstaan.

5. Vraag staan oor.

Verslag oor toerismefasiliteite en -dienste

*6.	Mnr A Ismail vra die Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme:

Of die Provinsiale Regering opdrag gegee het dat 'n objektiewe en duidelik omskrewe verslag oor die Provinsie se toerismefasiliteite en -dienste en die kwaliteit van sodanige fasiliteite en dienste opgestel word; so ja, wanneer die opdrag gegee is; so nie, of die Provinsiale Regering van plan is om so 'n opdrag te gee; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?

6. Vraag staan oor.

Wes-Kaapse Provinsiale Tenderraad: lidmaatskap

*7.	Me T Essop vra die Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning:

Of die lidmaatskap van die Wes-Kaapse Provinsiale Tenderraad verander is; so ja, (a) watter prosedures gevolg is om die nuwe lede van die Tenderraad te kies, (b) wat die name van al die huidige lede van die Tenderraad is, opgedeel in die sektore wat hulle verteenwoordig, (c) wat die geslags- en rasuiteensetting van die huidige lidmaatskap is, (d) wat die ampstermyn van elke lid van die Tenderraad is en (e) wie die (i) voorsitter en (ii) ondervoorsitter van die Tenderraad is?

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING:

7.	Ja.

(a) Die prosedure soos uiteengesit in artikel 4 van die Wes-Kaapse Provinsiale Tenderraadwet (Wet 8 van 1994) is gevolg om die nuwe lede van die raad te kies.

	(b) tot (d), die volgende:

SEKTOR
LID
GESLAG
BEVOLKINGS-GROEP
AMPS-TERMYN
Besigheid
Me M M Isaacs
Vroulik
Bruin
3 jaar tot 8.12.2001

Mnr V White
Manlik
Blank
3 jaar tot 8.12.2001

Mnr Y Emeran
Manlik
Bruin
3 jaar tot 8.4.2001

Mnr T Pasiwe
Manlik
Swart
3 jaar tot 8.4.2001
Arbeid
Prof P van der Merwe
Manlik
Blank
3 jaar tot 8.4.2001

Me H Khan
Vroulik
Bruin
3 jaar tot 27.4.2003

Me B Jantjies
Vroulik
Bruin
3 jaar tot 27.4.2003

Mnr Fredericks
Manlik
Bruin
3 jaar tot 13.5.2003
SEKTOR
LID
GESLAG
BEVOLKINGS-GROEP
AMPS-TERMYN
Staats-
diens
Dr P W von
Zeuner
Manlik
Blank
3 jaar tot 27.4.2003

Mnr J J van Heerden
Manlik 
Blank
3 jaar tot 27.4.2003

Dr H M Wesso
Manlik
Bruin
3 jaar tot 27.4.2003

Mnr C Ismay
Manlik
Blank
3 jaar tot 27.4.2003
Tegniese Kenners
Mnr IG Smith (verkryging)
Manlik
Bruin
3 jaar tot 13.5.2003

Mnr T Gash (standaarde)
Manlik
Blank
3 jaar tot 27.4.2003

Mnr R Engela (IT)
Manlik
Blank
3 jaar tot 8.4.2001

Adv H Venter (regskundige)
Vroulik
Blank
3 jaar tot 8.4.2001

		Mnr die Speaker, ek wil graag in hierdie stadium daarop wys dat ek dit heel interessant vind dat onder die arbeidsektor mnre Kahn, Jantjies en Fredericks deur Cosatu-gebaseerde vakbonde genomineer is. Dit is egter jammer dat Cosatu nie die geleentheid gebruik het om selfs enige swartmense te nomineer nie. [Tussenwerpsels.] Soos wat agb lede aan daardie kant van die Huis dikwels vir ons uitwys, wil ek hulle daarop wys dat dit hierdie soort ding is wat met hulle koalisievennote gebeur. [Tussenwerpsels.]

*Mnr M OZINSKY: Wie het die ACVV genomineer? [Tussenwerpsels.] Wie het die Broederbond genomineer? [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: As die agb lid meer van die Wet weet, sou hy weet dat die organisasies wat hy genoem het, niemand kan nomineer nie.

Mnr C M DUGMORE: [Onhoorbaar.]

Die MINISTER: Jammer, die agb lid dink nog aan sy wittebrood! [Gelag.] [Tussenwerpsels.] Ek het drie daarvan gehad! [Gelag.]

Die antwoord is verder soos volg:

(e) (i)	Me M M Isaacs
(ii) Mnr V White

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, kan die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning kortliks die proses binne die Staatsdiens beskryf wanneer hulle hul kandidate vir die staatsdiensverteenwoordiging in die Tenderraad voorstel? Terwyl die agb Minister graag 'n bietjie politiek aan sy kant wil maak, kom dit vir my uit die statistiek voor dat dit baie manlik en baie blank is.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, ek kan bloot s dat die proses wat gevolg is, ingevolge die Wet was wat die aanstelling van die Tenderraad beheer. As die agb lid me Essop glo dat dit nie op 'n oop manier en ingevolge die Wet gedoen is nie, moet sy dit vir my uitwys. Anders is dit al wat ek kan s. Ons het baie tyd bestee om dit te debatteer. Oorspronklik het name departementeel na vore gekom, ek het hulle gevra om terug te gaan en uiteindelik het ons op hierdie bepaalde proses besluit. Die proses was, soos wat ek ges het, ingevolge die Wet.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning het my nie regstreeks geantwoord nie. Ek vra nie of die proses wat gevolg is ingevolge die Wet was nie. Ek het spesifiek gevra of hy die proses binne die Staatsdiens self kan beskryf.

Soos wat ek die proses verstaan, moet die Staatsdiens sy kandidate vir hierdie raad van belanghebbers nomineer. Die agb Minister het my nie geantwoord nie. Wat is die interne proses? Wie is die "ons" waarvan die agb Minister praat? Hoe is die name deurgestuur, en na wie? Wie het die finale besluit geneem oor hierdie verteenwoordiging van die openbare sektor in die Tenderraad?

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, ek kan duidelik s dat ek uiteindelik daardie besluit geneem het en dat ek tevrede is dat die proses wat gevolg is 'n korrekte proses was.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ...

*Die SPEAKER: Orde! Ek is jammer, die agb lid me Essop het twee opvolgvrae gehad.

Oordragte aan kulturele organisasies

*8.	Me T Essop vra die Minister van Omgewing- en Kultuursake:

(1) Watter prosedure met die uitbetaling van oordragte aan kulturele organisasies gevolg is;

(2) wie verantwoordelik is vir die besluite oor watter kulturele organisasies finansile ondersteuning mag ontvang en hoe di besluite geneem word;

(3) wie vir die teken van die tjeks vir die oordragte verantwoordelik is;

(4) watter provinsiale toekennings aan die volgende kulturele organisasies betaal word, (i) die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, (ii) Artscape en (iii) die EOAN-groep;

(5) wat die Table Bay Homemaking Club is en wie dit bestuur?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ek en my kollega word vandag besig gehou!

Ek wil die agb lid me Essop vir 'n lekker vraag bedank. Die antwoord is soos volg:

8.	(1)	Ingevolge artikel 18 van die Wet op Kultuursake, 1989 (Wet 65 van 1989), het my voorganger sekere bevoegdhede in verband met die uitbetaling van oordragfondse aan organisasies aan senior amptenare van die Departement van Omgewing- en Kultuursake gedelegeer. Alle aansoeke, waarvan die aanbevole subsidie egter R25 000 oorskry het, is aan die Minister vir oorweging en goedkeuring voorgel. Aansoeke vir oordragbetalings wat R250 000 oorskry, word ingevolge Kabinetsbesluit aan die Kabinet voorgel vir goedkeuring.

		Befondsingsaansoeke vir projekte wat nie R25 000 oorskry het nie, is dus deur kultuurbeamptes van die Hoofdirektoraat: Kultuursake van die departement verwerk, en aanbevelings aan die betrokke senior personeel aan wie die magte gedelegeer is vir goedkeuring voorgel. Hierdie prosedure is gevolg tot die aanstel en funksionering van die Wes-Kaapse Kultuurkommissie, en die inwerkingtreding van die Wes-Kaapse Kultuurkommissie en Kultuurradewet, 1998 (Wet 14 van 1998) wat Wet 65 van 1989 vervang het.

		Ek het besluit om die prosedure te verander in die lig van die bepalings van die nuwe wetgewing en alle aansoeke word nou na die Befondsingskomitee van die Wes-Kaapse Kultuurkommissie verwys vir oorweging. Die aanbevelings word aan my voorgel vir finale goedkeuring.

(2) Alle bona fide-kultuurorganisasies kan aansoek doen vir die subsidiring van aktiwiteite op die voorgeskrewe formaat. Vir jaarsteunaansoeke moet die aansoek in die vorm van 'n sakeplan ingedien word. Alle aansoeke word weekliks deurgewerk deur 'n interne personeelkomitee onder voorsitterskap van die Direkteur: Kultuur en Erfenis van die Hoofdirektoraat: Kultuursake. Tydens hierdie vergaderings word verseker dat alle toepaslike inligting beskikbaar is op die aansoekvorm, en indien nie, word die betrokke kultuurbeampte versoek om die inligting te bekom aangesien onvolledige aansoeke nie aan die Wes-Kaapse Kultuurkommissie voorgel kan word nie.

Alle voltooide aansoeke word aan die Befondsingskomitee van die Wes-Kaapse Kultuurkommissie voorgel met die aanbevelings wat geformuleer word volgens die goedgekeurde kriteria vir oorweging. Die Befondsingskomitee vergader elke tweede week en aansoeke word oorweeg volgens die riglyne en kriteria wat vroer vanjaar deur die Wes-Kaapse Kultuurkommissie goedgekeur is.

Faktore wat in ag geneem word, sluit aspekte soos die demografie van die Wes-Kaap, geslagsberegtiging, gestremdheid en die deelname van voorheen benadeelde gemeenskappe in. Ek word na die vergadering skriftelik in kennis gestel van die aanbeveling van die Befondsingskomitee van die Wes-Kaapse Kultuurkommissie asook die voorwaardes van toepassing. Aansoekers word na oorweging van die aanbevelings skriftelik in kennis gestel van my besluit. Vorderingsverslae sowel as geouditeerde finansile state moet ingedien word voor die subsidie betaal word.

Finale goedkeuring vir die befondsing van projekte berus by die Minister verantwoordelik vir Kultuursake in terme van artikel 2 van die Wes-Kaapse Kultuurkommissie en Kultuurradewet.

Die Minister mag egter enige van sy magte ingevolge artikel 2(1) van die Wes-Kaapse Kultuurkommissie en Kultuurradewet aan 'n beampte delegeer met ten minste die rang van direkteur in diens van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap in terme van artikel 23 van die Wet.

(3) Tjeks vir oordragbetaling uit die departementele Begroting word hanteer op die voorgeskrewe wyse soos uiteengesit in die toepaslike Tesourie-instruksies deur die gemagtigde beampte in diens van die Departement van Omgewing- en Kultuursake.

Tjeks wat deur die Wes-Kaapse Kultuurkommissie uitgereik word, word onderteken met twee handtekeninge ooreenkomstig 'n besluit van die Wes-Kaapse Kultuurkommissie. Senior personeel van die Direktoraat: Kultuur en Erfenis is deur die Wes-Kaapse Kultuurkommissie gemagtig om mede-ondertekenaars van tjeks te wees. Die rekenpligtige beampte van die Wes-Kaapse Kultuurkommissie, wat in terme van artikel 16 aangestel is, onderteken alle tjeks nadat die stawende dokumentasie aan haar voorgel is vir oorweging en goedkeuring.

(4) Die volgende subsidies is gedurende die 1999-2000-boekjaar betaal:

(i) Die Kaapstadse Filharmoniese Orkes - R1,2 miljoen oor 'n periode van een jaar;

(ii) Kunstekaap - geen subsidie is aan Kunstekaap betaal nie; en

(iii) die Eoan-groep - R40 000.

(5) Die Table Bay Homemaking Club is 'n projek wat deur kultuurbeamptes van die Direktoraat: Kultuursake bestuur is maar wat sedertdien gestaak is. Die organisasie het gedurende die boekjaar 160 bemagtigingsprojekte vir vroue van voorheen benadeelde gemeenskappe in die Wes-Kaap aangebied. Die voorskotfondse wat beskikbaar gestel is, is aangewend vir die aankoop van demonstrasiemateriaal vir die aanbied van die betrokke projekte, om honoraria te betaal aan aanbieders en huur van lokale. Voorskotfondse is verhaal uit registrasiegelde en projekinkomste gegenereer uit die uitkomste van die projekte en terugbetaal aan die Interim Streekraad vir Kultuursake.

Ingevolge die funksionele areas wat in die Wet op Kultuursake, 1989 (Wet 65 van 1989) opgedra is, was die departement plaaslike gemeenskappe behulpsaam met projekte, insluitende menslike ekologie en tuisteskepping. Hierdie projekte het opleidingskursusse in verskeie velde ingesluit, waaronder dcoupage, syskildering, borduurwerk, handkunswerk en kwilttegnieke.

Die doel van die projekte was die aanleer en oordra van vaardighede op hierdie gebiede om sodoende vroue in voorheen benadeelde gemeenskappe ekonomies te bemagtig. Kundige fasiliteerders het die leiding met die projekte geneem. Van die deelnemers aan die projekte het na die projek suksesvolle entrepreneurs geword.

*Die SPEAKER: Orde! Die agb Minister het sy tweede Begrotingsrede gelewer! [Gelag.]

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, kan die agb Minister moontlik vir ons 'n aanduiding gee van hoeveel deelnemers in die Table Bay Homemaking Club in werklikheid suksesvolle entrepreneurs geword het? Wat is as die uitkoms van die projekte bereik? As ek reg onthou, en dalk kan die agb Minister ook onthou, was dit die TBHC waarmee hy ten tye van die Begrotingsdebat nie vertroud was nie. Hulle was ook verantwoordelik vir die vervaardiging van onderklere, en so meer, wat nogal vreemd was vir Kultuurdienste. Word die TBHC steeds deur Kultuurdienste bedryf?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, nee, dit word nie meer deur Kultuurdienste bedryf nie. Soos wat ek in my antwoord genoem het, is die projek gestaak.

Om 'n aanduiding te gee oor wie voordeel getrek het, het ek in werklikheid dieselfde vraag gevra, hoeveel mense in werklikheid by hierdie projek gebaat het. Die vraag wat ek die amptenaar aan die hoof van die projek gevra het, was, "As ek u om die name van 50 mense vra wat voordeel getrek en entrepreneurs geword het, sou u dit vir my kon gee?" Hierdie persoon het sonder huiwering ges, ja. Ek is daardeur bemoedig, en ek sal die agb lid graag die detail wil gee.

*Me T ESSOP: Vandag?

*Die MINISTER: Ja.

Wat die aantal mense betref wat by hierdie projekte gebaat het, daar was 160 projekte, en ek gaan dus nie deur almal nie, maar ek sal die agb lid sekere voorbeelde van projekte gee en die betrokke bywoning. In een projek in Guguletu het 820 mense die projek bygewoon. By 'n ander projek op George was daar 40 mense. By 'n projek in Wynberg was daar 405 mense; op Worcester, 184 mense; op Stellenbosch, 4 000 mense. Ek verwys net na 'n paar ander: in Lotusrivier en Grassy Park was daar 80 mense; Mitchells Plain, 1 570 mense, en so kan ek voortgaan.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, mag ek versoek dat dit ter Tafel gel word, want dit is baie moeilik om te volg.

*Die SPEAKER: Orde! Is die agb Minister bereid om dit ter Tafel te l?

*Die MINISTER: Ek is heeltemal bereid om dit ter Tafel te l, mnr die Speaker.

*Die SPEAKER: Orde! Ek sien die agb lid me Essop is ook bereid om nie 'n verdere vraag te vra nie. [Gelag.]

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek het 'n verdere vraag. Ek wil die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake graag vra of daar enige gevalle was waar tjeks in sy departement uitgemaak is en dit nie onmiddellik aan die begunstigdes uitgereik is nie.

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, na die beste van my wete, nee.

*Me L BROWN: Mnr die Speaker, ek wil graag van die agb Minister weet waarom ons nie Artscape befonds nie.

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ons befonds nie Artscape nie, maar ons befonds die uitvoerende kunste. Dit is 'n ander vraag. Wil die agb lid my daardie vraag vra? [Gelag.]

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, baie van hierdie projekte en voorstelle word deur die agb Minister gemagtig, en ek wil hom graag dit vra: volgens sy algemene siening - ons het 'n dik dokument gehad wat ons ten tye van die Begrotingsdebat moes deurgaan - dink hy die manier waarop geld oorgedra word, neem in werklikheid die demografie van hierdie provinsie en die geslagsvoorkeure wat hy s hy in hulle kriteria ingebou het, in aanmerking? Dink hy daar is 'n billike en regverdige verspreiding van geld aan kultuurorganisasies, uit sy eie perspektief?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, in antwoord wil ek graag s dat ek vroer in my antwoord genoem het dat hierdie bevoegdheid om ad hoc-befondsing of befondsing van kultuurorganisasies goed te keur, aan 'n amptenaar gedelegeer kan word. My opdrag aan die departement is dat ek persoonlik enige aanbeveling deur die Kultuurkommissie sal goedkeur, en dit behoort die agb lid die antwoord op haar vraag te gee.

*Die SPEAKER: Orde! Die vier opvolgvrae vir Vraag 8 is reeds gevra.

Vergadering gehou op 28 Maart 2000

*9.	Mnr P C McKenzie vra die Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning:

Of 'n vergadering op 28 Maart 2000, wat deur slegs sewe persone, insluitende homself, bygewoon is en as gevolg van 'n gebrek aan belangstelling ontbind is, 'n amptelike of partypolitieke vergadering was?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING:

9. My optrede by die betrokke vergadering van 28 Maart 2000 in my amptelike hoedanigheid, is deur 'n openbare verteenwoordiger versoek. Ek sou die toenemende voorkoms van misdaad, veral bendegeweld in die area, aanspreek en weer eens my en die SAPD se vorige oproepe herhaal dat die gemeenskappe vorentoe moes kom en die SAPD bystaan in hul moeilike taak om misdaad te bekamp.

	Gesien in die lig van die swak opkoms by die betrokke vergadering kan 'n mens jouself afvra of misdaad en bendegeweld werklik vir die gemeenskappe 'n saak van erns is. Of liewer, siende uit watter oord hierdie spesifieke vraag kom, was dit nie dalk 'n kwessie van intimidasie van die gemeenskap om eerder nie die vergadering by te woon nie?

	Laat ons hoop dat dit nie een van di redes was nie, maar eerder as gevolg van swak advertensie van die vergadering deur die betrokke gemeenskapsleier. Ek sal desnieteenstaande steeds my plig doen om weer by die Bonteheuwel-gemeenskap te gaan optree, indien so in my amptelike hoedanigheid, of andersins, versoek.

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, in die lig daarvan dat die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning van die swak opkoms praat, is hy daarvan bewus dat net drie dae voor die vergadering wat hy gerel het, 'n ander openbare vergadering in Bonteheuwel plaasgevind het, wat deur byna 2 000 mense bygewoon is? [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, om die opmerking deur die agb lid mnr McKenzie reg te stel, ek het nie die vergadering gerel nie. Ek is na die vergadering genooi, en dit is in die hande van die organiseerders gelaat. Ek het geen beheer gehad oor die kapasiteit van die skare nie.

Tender vir Gesondheid Inligtingstelsel

*10.	Mnr G R Strachan vra die Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning:

(1) Watter prosedure gevolg is in verband met die ondersoek na die omstandighede rondom die toekenning van die tender vir die Gesondheid Inligtigtingstelsel;

(2) wanneer die verslag aan die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe voorgel sal word;

(3) watter vordering gemaak is met betrekking tot die litigasie en die suksesvolle konsortium;

(4) wat die totale koste vir die Provinsie is vir (i) die onvermo van die suksesvolle konsortium om aan die vereistes van die tender te voldoen en vir (ii) die litigasie;

(5) of hy 'n verklaring oor die aangeleentheid sal doen?

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, ek sien dat die agb lid wat die vraag gevra het, nie hier is nie. Ek is egter seker hy sal baie belang stel in die antwoord. Dit is soos volg:

10. (1)	Ek is nie seker na welke "ondersoek" die agb lid mnr Strachan verwys nie. Ek het egter die voorsitter van die Wes-Kaapse Provinsiale Tenderraad versoek om my te voorsien van redes hoekom die tender nie toegeken is aan die tenderaar wat deur die Departement van Gesondheid aanbeveel is nie.

(2) Die tertafellegging van die verslag sal afhang van die redes wat die voorsitter van die Wes-Kaapse Provinsiale Tenderraad gaan verskaf.

(3) Geen formele litigasieproses tussen die Provinsiale Regering en die "wen-konsortium" is ingestel nie. Daar is wel 'n aantal integrasie, implementerings- en interpretasieprobleme wat tans aangespreek word deur die dispuutmeganisme soos uiteengesit in die kontraktuele ooreenkoms, soos gewysig, tussen die twee partye.

	Voorts is tussen die partye ooreengekom dat 'n nuwe kontrak, gebaseer op die oorspronklike tendervoorlegging, tussen die "wen-konsortium" en die Provinsiale Regering oor die volgende paar maande opgestel gaan word, welke nuwe kontrak baie duidelik voorsiening sal maak vir onder meer spesifieke dienslewering, gedetailleerde projekbestuur en implementeringsprosesse. Intussen gaan die huidige implementeringsprosesse voort met inwerkingtredingsdatums vir die drie akademiese hospitale geskeduleer vir Junie en Julie 2000.

(4) (i)	Die addisionele koste vir die Provinsie is as gevolg van die vertragings voortspruitend uit die eerste fase van implementering van die tender. Die oorspronklike sperdatum was 31 Desember 1999 vir die suksesvolle implementering van fase 1. Hierdie datum het nou met ses tot sewe maande aangeskuif. Vanwe die proaktiewe voorkomende stappe wat deur die Provinsiale GIS Bestuurskomitee geneem is, is die addisionele kwantifiseerbare koste beperk tot die koste wat verband hou met die opdatering van die huidige KHS (Kaap Hospitaal Stelsel) vir Y2K nakoming: R194 000.

(ii)	Daar was geen litigasie-koste tot op datum nie, behalwe die koste van 'n konsultant handelsprokureur van R52 000. Ander regs-insette is binne die Provinsie verkry of vanaf die Kantoor van die Staatsprokureur.

	(5)	Die GIS-kontrak is onderhewig aan volgehoue monitering en oorsig deur die Provinsiale Tesouriekomitee. 'n Volledige verslag deur die Hoof- Inligtingsbeampte is onderweg na die Kabinet. Trouens, dit sal mre daar wees. Dit sal ook die basis vorm vir verdere terugrapportering aan SKOF soos ek vroer vanjaar in die Huis onderneem het.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil dit graag verstaan. Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning het ges die implementeringsdatum was 31 Julie 1999. As die implementering met ses maande vertraag is, hoe is dit dan dat die stelsel eers oor 'n paar maande aan die gang gaan wees? My berekening van ses maande vanaf 31 Julie 1999 is die einde van Januarie 2000.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, dit sou vir my uiters moeilik wees, in die beperkte tyd wat ons het, om hier al die probleme wat ons het rakende die GIS te verduidelik.

Toe ek die eerste keer van die probleme te hore gekom het, het ek sekere besorgdhede gehad, en my eerste reaksie was om die kontrak te staak en 'n dagvaarding vir skadevergoeding, en so meer, uit te reik. Daardie stap sou egter groter probleme met die implementering van enige stelsel beteken het. As 'n mens na die maatskappye kyk aan wie die kontrak toegeken is, was die waarskynlikheid om skadevergoeding te verkry, uiters beperk.

Wat toe gebeur het, was 'n poging om die projek te bestuur. As 'n mens na die werklike datums kyk, is die agb lid korrek oor die gaping wat hy genoem het. Dit is egter die vermo van die partye wat aan boord gekom het, wat gemaak het daar by die werklike implementeringsdatum gehou kon word.

Ek het my antwoord op hierdie vraag afgesluit deur te s dat die saak na SKOF sou gaan. Dit gaan mre Kabinet toe en sal binnekort by SKOF wees. Die amptenare sal klaarblyklik daar teenwoordig wees en agb lede sal presies kan sien wat die redes vir die vertragings was en hoe die saak gemplementeer is, en dit sal vir openbare skrutinering daar oop wees.

*Die SPEAKER: Orde! Ons tyd raak min, en ek sal van nou af vorentoe slegs twee opvolgvrae toelaat, sodat ons die Vraelys kan voltooi. Die agb lid mnr Ozinsky mag voortgaan.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, met u vergunning wil ek die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning graag die volgende vra. As hierdie stelsel gemplementeer word om inkomste vir die departement te verhoog, en om doeltreffendheid te verhoog, hoe kan hy eerlik s dat 'n vertraging met die implementering daarvan tot geen koste vir die Provinsie en tot geen verlies aan inkomste gelei het nie?

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, ek kan nie onthou dat ek dit ges het nie. Wat ek ges het, was, en ek wil graag my presiese woorde aanhaal:

Hierdie datum het nou met ses tot sewe maande aangeskuif. Vanwe die proaktiewe voorkomende stappe wat deur die Provinsiale GIS Bestuurskomitee geneem is, is die addisionele kwantifiseerbare koste beperk tot die koste wat verband hou met die opdatering van die huidige KHS (Kaap Hospitaal Stelsel) vir Y2K nakoming: ...

Ek kan nie onthou dat ek ges het wat die agb lid ges het nie. As hy spesifiek verwys na wat ek ges het, glo ek beslis nie dat ek ges het wat hy so pas ges het nie.

Ad hoc-tenders

*11. 	Mnr G R Strachan vra die Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning:

(1) Of daar 'n kategorie van tenders is wat as ad hoc-tenders of tenders afgehandel word wat nie deur prosesse wat in duidelik omskrewe prosedures voorgeskryf word nie; so ja, (a) watter tenders dit is, (b) hoeveel tenders daar is en (c) onder watter omstandighede die tenders toegepas is;

	(2)	of die Wes-Kaapse Provinsiale Tenderraad enige sodanige tenders afgekeur het; so ja, watter redes vir sodanige afkeuring aangevoer is?

11. Vraag staan oor.

Ongelukke op R300

*12.	Mnr L Ramatlakane vra die Minister van Vervoer en Werke:

(1) Of die Departement van Vervoer en Werke statistieke oor die ho voorkoms van ongelukke op die R300 oor die afgelope twee jaar beskikbaar het; so ja, hoeveel van die ongelukke noodlottig was; so nie, of hy van die gemeenskap van Wesbank se noodroep bewus is;

(2) hoekom 'n voetbrug nie 'n jaar gelede as 'n veiligheidsbevorderingsinisiatief gebou is nie;

(3) of die departement die gemeenskappe langs die R300 oor di tekortkoming geraadpleeg het; so nie, waarom nie; so ja, watter gemeenskappe geraadpleeg is en wanneer?

Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE:

12. (1)	Volgens statistieke vind daar ongeveer 25 tot 30 voetgangerongelukke per jaar plaas waarvan ongeveer 15 noodlottig is. Die provinsiale Departement van Vervoer het sedert 1 Oktober 1999 die verpligting om ongelukstatistiek vir die provinsie te versamel van die nasionale departement oorgeneem. Ons is in die proses om die ongeluksdata van voor 1 Oktober 1999 met die nuwe databasis te konsolideer.

(2) en (3) Die R300 tussen die N1 en N2 is 'n geproklameerde pad wat onder die jurisdiksie van die nasionale Departement van Vervoer, en sy agent, die SA Nasionale Padagentskap (SANRAL), ressorteer.

My departement is wel daarvan bewus dat SANRAL in 'n onderhandelingsproses met die behuisingsowerhede is om die bou van 'n voetbrug oor die R300 te finansier, maar is nie betrokke by die beplanning of uitvoering van so 'n projek nie.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek wil die volgende van die agb Minister van Vervoer en Werke weet. Die ontwikkeling van Wesbank duur nou reeds 'n geruime tyd, en dit is nog die hele tyd bekend dat mense oor die snelweg sal moet gaan om aan die ander kant te kom. Wanneer gaan hierdie voetbrug in werklikheid gebou word?

*Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Mnr die Speaker, ek sal die antwoord op subartikels (2) en (3) in Engels vir die agb lid mnr Ramatlakane herhaal:

	(2) and (3) The R300 between the N1 and N2 is a proclaimed road which falls under the jurisdiction of the national Department of Transport and its agent, the SA National Roads Agency (SANRAL).

The provincial Branch: Transport was tasked with the keeping of accident statistics for the Province as of 1 October 1999. We are in the process of consolidating old accident data, prior to 1 October 1999, with the provincial accident data base, and therefore the provincial data base is at the moment unable to provide statistics on the high number of accidents on this road.

The provincial Branch: Transport is aware of the fact that SANRAL is negotiating with the Housing Department to fund the construction of a pedestrian bridge over the R300. We are not in a position to build a bridge because it is not our function to do that. It is a national road under the control of the national Department of Transport and SANRAL, as the agent, is working on the road. They are in consultation with the national department.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, daar behoort omheining langs die R300 te wees sodat mense nie oor die pad loop nie. Waarom is dit nie gedoen nie?

*Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Mnr die Speaker, die omheining is gebou, en byna die hele omheining wat gebou is, is afgebreek en weggeneem. Dit is aan die Kuilsrivier-kant, hierdie kant van die Stellenbosch-deurpad. Aan die ander kant, waar Wesbank is, is daar geen omheining opgerig nie. [Tussenwerpsels.] Ek weet nie - die nasionale departement.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: mag ek u aandag met respek daarop vestig dat u vraag 11 oorgeslaan het?

*Die SPEAKER: En met opset.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: O. Dankie, mnr die Speaker.

*Die SPEAKER: Orde! Die tyd vir interpellasies is nou ook vir vrae gebruik. Volgens die Rels kan ek dus nie verdere tyd vir hierdie vrae toelaat nie. Ek beslis dat vrae 5 en 6 oorstaan, en ook vraag 11, want die agb lid mnr Strachan is nie hier nie en mag op 'n later dag teenwoordig wees wanneer die vraag deur die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning beantwoord sal word.

Wat die agb lid mnr Ismail se vrae vir skriftelike beantwoording betref, wil ek vir die agb lid daaraan herinner dat as 'n Minister nie vrae betyds skriftelik antwoord nie, die Rels 'n prosedure bepaal waarvolgens die agb lid dit as vrae vir mondelinge beantwoording in die Huis kan stel om die Minister te dwing om die vrae te antwoord. Die agb lid kan gerus van daardie Rel gebruik maak as hy ontevrede is.

Debat afgesluit.

VRAE

Aan die Premier sonder kennisgewing:

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ons is 'n bietjie in die verleentheid aan hierdie kant. Die agb lede mnr Gelderblom en me Rossouw wat in die NRVP moet optree, moes reeds om 15:00 daar gewees het. Met die toestemming van die Huis, mag hulle asseblief eerste hul vrae aan die agb Premier stel?

Die SPEAKER: Orde! Mits die Speaker dan ook toelaat dat al die ander vrae ook gestel word?

Mnr R J KING: Asseblief.

Die SPEAKER: Orde! Dit is 'n billike versoek sodat ons daardie agb lede in staat kan stel om in die NRVP op te tree. Die agb lid mnr Gelderblom is aan die woord.

Mnr A ISMAIL: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: u het ons toegespreek oor die vrae vir skriftelike beantwoording. Ons het geen skriftelike antwoorde gekry vir die vrae vir skriftelike beantwoording wat op die Vraelys verskyn nie. Beteken dit dat vir doeleindes van vandag se sitting hierdie vrae nie geldig is nie en oorgedra word vir die volgende sitting se Vraelys, of beteken dit dat ons nou in terme van die Rels, soos u ges het, elke agb Minister se vraag hierheen moet bring vir mondelinge beantwoording?

Die SPEAKER: Orde! Die agb lid moet net so 'n versoek rig, want die tydsduur vir vrae vir mondelinge en skriftelike beantwoording is nie altyd presies dieselfde nie. Dit sal dus nie outomaties gebeur nie. Die agb lid moet net so 'n versoek tot die Tafel rig. Die agb lid mnr Gelderblom mag voortgaan.

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Speaker, vanwe die reuse sukses van die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn verneem ek graag van die agb Premier van die Wes-Kaap hoe hy die kunstefees ervaar het en wat sy mening is oor toekomstige ondersteuning vir die Nasionale Kunstefees te Oudtshoorn.

Die PREMIER: Mnr die Speaker, soos ek vir die agb lid ges het, dit was wonderlik om daar te wees. Ek dink 'n mens se o het oopgegaan. Dit was die beste fees in die ses jaar wat die fees gehou is. Dit was 'n reuse sukses. Dit was nie net 'n Afrikaanse fees nie maar 'n veeltalige fees.

In antwoord op die agb lid se vraag wil ek s dat ek aangebied het dat die Provinsie die hele voorbrandfees ook sal befonds, want dit kan ons kultuur na ons mense bring. Diegene wat dit nie kan bekostig nie, kan dan by die voorbrandfeeste in 18 tot 20 van ons dorpe in die Suid-Kaap uitkom. Ek sien uit na volgende jaar se fees.

Me A ROSSOUW: Mnr die Speaker, die Tygerbergse Kinderkoor word wreldwyd erken as een van ons beste kinderkore. Trouens, hulle is uitgenooi na The World of Children's Choirs in Maart 2001, waar hulle een van vier uit 'n groep van vyftig kore is wat as 'n gaskoor daar sal optree. In die lig van ons swak ekonomiese toestande en die gevolge wat dit vir kore van hierdie kaliber inhou en hulle werklike ambassadeurs vir ons provinsie is, beoog die agb Premier dat ons op enige wyse moontlik vir hulle erkenning kan gee, wat dalk vir hulle finansieel aansporing kan gee om steeds te kan meeding en kompeteer op die vlak waarop hulle nou is?

Die PREMIER: Mnr die Speaker, die Kantoor van die Premier kry regdeur die jaar heelwat versoeke van kore. Soos die agb lid tereg ges het, is daar nie vir hierdie tipe dinge begroot nie. Ons is jammer daaroor, maar ek kan nie 'n belofte aan die agb lid maak dat die Provinsie iets daaraan sal kan doen nie. Ons het net nie die geld daarvoor nie. Ek het by 'n paar geleenthede kore toegelaat om hul funksies gratis by Leeuwenhof te hou. Die mense betaal om die funksies by te woon en sodoende maak die kore geld. Ek weet dit is nie 'n groot bedrag nie, maar alle bietjies help.

Na aanleiding van die versoeke van skole en ander plekke moet ons weer 'n Premiersfonds instel. Ons kan dan ons diskresie gebruik met die toewysing van fondse aan agtergeblewe skole om hulle te help in kuns en kultuur. Ons kan dit doen, en die fonds kan gemonitor word. Ek wil graag voorstel dat as ons ons begroting volgende jaar opstel, ons dit in aanmerking sal neem.

*Me L BROWN: Mnr die Speaker, die afgelope maand was waarskynlik een van die mees traumatiese maande vir die bejaardes in hierdie provinsie met die oorskakeling in die pensioenuitbetalings. Hulle het in lang toue gely en is verkeerd ingelig of het geen inligting gehad nie. Bejaardes word ook by die toue weggewys. My vraag aan die agb Premier is: wat het hy as Premier gedoen om hierdie probleme in ons provinsie te verlig?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, eerstens, 'n mens is jammer en verontrus dat ons bejaardes, wat hulle rol in ons samelewing gespeel het, in so 'n verknorsing moet wees. Wat die Allpay-stelsel betref, soos wat agb lede hier in verband met die voorstel deur die agb lid mnr Silke gehoor het, het die staande komitee vandag vergader. Hulle het die rolspelers ingekry. Ek het die agb Minister in die Kantoor van die Premier opdrag gegee om daardie vergadering by te woon om die probleme uit te sorteer. Ek het nog nie 'n verslag ontvang nie, maar ek verstaan dit was 'n goeie vergadering.

Soos alle nuwe dinge, het dit groeipyne gehad, maar hopelik, as ons die samewerking kry van al die rolspelers wat hier betrokke is - en ek verstaan sekere vroue-organisasies van politieke partye is ook betrokke - en ons sit almal ons koppe bymekaar, kan ons oor hierdie hekkie kom. [Tussenwerpsels.]

*Me L BROWN: Mnr die Speaker, was die agb Premier al by een van hierdie toue? Die besluit wat vanoggend by die staande komiteevergadering geneem is, is dat ons in werklikheid tussentrede deur die agb Premier self nodig het. My vraag aan hom is: wat sal hy vir die volgende maandelikse uitbetaling kan doen, want ons gaan weer hierdie probleem h?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek weet nie wat die agb lede se versoek was nie, maar as daar 'n versoek van die staande komitee vanoggend sou wees dat ek tussenbeide moet tree, wil ek die agb lid die versekering gee dat ek dit my volle aandag sal gee.

*Me T ESSOP: Terwyl u in China is.

*Die PREMIER: Wil die agb lid 'n vraag vra?

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek wil die agb Premier graag vra watter van die volgende versoeke om proklamasies van die Heath-kommissie na die Kantoor van die Premier goedgekeur is: die Oostenberg TOR vir korrupsie, bedrog en wanbesteding van fondse; die Calitzdorp TOR vir wanadministrasie, bedrog, korrupsie en onregmatige besteding; die Groot-Brakrivier TOR vir wanadministrasie en onrelmatighede; die Robertson TOR vir wanadministrasie, bedrog, korrupsie en onregmatige besteding; die Worcester TOR vir wanadministrasie en onregmatige besteding; die Weskus-Distriksraad vir wanadministrasie; die Grabouw TOR vir wanadministrasie; en die Napier TOR. My vraag is: met watter van hierdie formele versoeke van die Heath-kommissie het die agb Premier ingestem?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek sou verwag het dat so 'n lang vraag skriftelik aan my gegee word en ter Tafel gel word. Vir my om te onthou, saam met die miljoene dinge wat ek moet onthou, hoeveel van hierdie TORe versoek is of nie, is onmoontlik. Ek weet nie. Hulle klink almal soos ANC-TORe. [Tussenwerpsels.] Kan ek die vraag beantwoord?

Die SPEAKER: Orde!

Die PREMIER: Mnr die Speaker, as die agb lid die vraag skriftelik stel en ter Tafel l, belowe ek hom dat hy oor die volgende paar dae 'n antwoord sal kry.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek wil graag h die agb Premier moet reageer op die feit dat hierdie versoeke ten opsigte van Robertson, Grabouw en Worcester op 14 Januarie 2000 gemaak is en dat die motivering vir die Weskus-Distriksraad op 27 Oktober 1999 gemaak is.

'n AGB LID: Deur wie?

Mnr C M DUGMORE: Deur die Heath-kommissie reguit aan die agb Premier. My vraag aan die agb Premier is: dink hy nie dit is onaanvaarbaar dat sy Kantoor nog nie ingestem het tot hierdie bepaalde versoeke deur die Heath-kommissie nie, of dat hy as Premier nie in staat is om vir die Huis te s of die Kabinet tot hierdie ondersoeke ingestem het of nie?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, te oordeel aan wat die agb lid mnr Dugmore ges het hy gedoen het, dat ek dit nie geteken het nie, lyk dit vir my dat hy meer inligting as ek het. Ek kon dit heel moontlik geteken het. Hy vra 'n vraag en gee dan ook die antwoord. Waarom mors hy dan ons tyd deur die vraag te vra?

*Mnr C M DUGMORE: Ek toets net u geheue.

*Die PREMIER: Nee, ek het nie so 'n goeie dobbelgeheue soos die agb lid nie, want ek onthou nie al die syfers nie. Ek kon dit moontlik geteken het, want baie dokumente kom elke dag op my tafel. Ek is byna seker dat as dit deur ons regsdepartement aanbeveel is en dit nodig was om te doen, ek dit sou gedoen het.

*Me T ESSOP: Nee, u het nie.
*Die PREMIER: Hoe weet die agb lid ek het nie?

*Me T ESSOP: Want daar is 'n ondersoek daarna.

*Die PREMIER: Waarom dan die vraag vra? [Tussenwerpsels.]

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, sal die agb Premier saamstem met die frustrasie wat deur Regter Heath voor die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge uitgespreek is, dat hy na ses maande nog nie 'n antwoord van die Kantoor van die Premier ontvang het op sy versoek om in te stem met hierdie proklamasies wat hy versoek het nie?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, nee, ek sal nie daarmee saamstem nie, want ek glo Regter Heath en my departement het 'n goeie werkverhouding. Eers wanneer ek dit kategories op skrif gesien het, sal ek daarop antwoord. Die agb lid moet my nie vra om met iets in te stem wat ek nie op skrif gesien het nie.

Mnr A ISMAIL: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: dit is werklik nie regverdig om van die agb Premier te verwag op te antwoord op 'n agb lid se ses of agt vrae van sekere munisipaliteite nie. Is daar 'n voorgeskrewe formaat vir die mondelinge vrae aan die agb Premier? As daar nie 'n formaat is nie, vra ek dat u asseblief daaraan aandag sal gee of die Swepery versoek om daaraan aandag te gee, want dit wil vir my voorkom asof van die agb lede dit as 'n grap beskou. Dit is werklik nie moontlik, nie eens met die wysheid van Salomo, om al daardie munisipaliteite te onthou nie. Ek dink nie dit is die doel van die sessie vir vrae aan die agb Premier nie.

Die SPEAKER: Orde! Die opskrif s juis "sonder kennisgewing" en die hele gedagte is dat daar geen kennis aan die agb Premier gegee word oor die vraag of vrae wat gestel word nie. Die lengte en die billikheid van 'n vraag is daar vir politieke debat en ek dink dit sal baie moeilik volgens rels vasgevat kan word. Hoe hy die vrae ook al sien, as te lank of te onbillik, sal polities deur hom hanteer moet word wat dan die vrae beantwoord. Ons het in elk geval nie rels daaroor nie, en ek dink ook dit sal baie moeilik wees om spesifieke rels daaroor te maak.

*Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, ek wil die agb Premier vra om sy sleuteldoelwitte en -doelstellings vir die komende ampsbesoek aan die Volksrepubliek van China uiteen te sit, en aan te dui watter regstreekse voordele hy vir die mense van die Wes-Kaap voorsien. [Tussenwerpsels.]

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek het vergeet om vroer te noem dat ek 'n brief van Regter Heath het, wat ek aan die agb lid mnr Dugmore sal gee, waarin hy my vir my samewerking bedank. [Tussenwerpsels.]

In antwoord op die vraag van die agb lid mnr Silke, soos wat agb lede goed weet, het ons ooreenkomste met verskillende provinsies in die wreld. Die provinsie van Shandong in China is een van hulle. Ons sal 'n ooreenkoms van verstandhouding onderteken ten opsigte van informasietegnologie, kultuur, landbou en investering. Ons glo die wreld het 'n globale dorp geword en dat Suid-Afrika deel geword het van daardie globale dorp. Ons het die blootstelling nodig, nie net aan kulture nie, maar aan investering van ander dele van die wreld. Dit is wat ons hoop om te bereik.
As ons na die ooreenkomste met ander provinsies kyk, soos Beiere, argumentsonthalwe, wat in sommige van ons skole bel het - hulle het 'n projek van R1,7 miljoen in die Wes-Kaap en ander sal volg - dan glo ek dit sal soortgelyk daaraan wees en dat ons investering, tegnologie, kultuur, en so meer, sal uitruil. Ek glo ook as ons van die kennisekonomie van die 21ste eeu praat, wat een van die beleidsdoelwitte van hierdie Regering is, dan is dit 'n stap in die regte rigting wat daardie sluimerende ekonomiese reus, soos wat ek dit noem, betref. Die sluimerende ekonomiese reus wat nou ontwaak, is China. Ek glo ons provinsie kan alleen daarby baat deur ons verhoudings te konkretiseer.

Debat afgesluit.


324	DINSDAG, 23 MEI 2000



	DINSDAG, 23 MEI 2000	323



	DINSDAG, 23 MEI 2000	299


